top of page
Daanse-Van-Ekstase---2022-1.gif

DVE  hou voor dat gesogte musiek en vrye-styl-daans saamgevoeg in ‘n veilige ruimte ‘n kragtige voertuig is vir die uitdrukking van emosie, die ontwikkeling van lighartigheid en kreatiwiteit, en dat dit met herhaling uiteindelik sielkundige integrasie en die proses van vernuwing moontlik kan maak.

DVE skep juis vir deelnemers 'n "heilige ruimte" - nie in 'n godsdienstige sin nie - eerder as 'n kosbare ritueel buite die alledaagse warboel waar die gemeenskap deur daans en musiek bymekaar kan kom om eerstehands die transformerende en inspirerende krag te geniet om te kan beweeg, voel, en te beleef die wonder van die Lewe in volkleur en in oortreffende trap.

1011609_638965266136228_874002484_n.jpg

Wat om te verwag?

Tydens die daans word 'n wye verskeidenheid musiek oor verskillende style, tempos en genres gespeel. As daar 'n liedjie is wat aanvanklik nie daansbaar klink, blyk, of voel, nooi ons jou om nuuskierig te wees en dit in jou liggaam te ondersoek en verder te verken. Staan vir ‘n oomblik stil! Luister! Voel! Onthou daar is nie reg of verkeerd, net geleentheid om via soms onbekende klanke, bewegings en sensasies nuwe moontlikhede en versteekte potensiaal te ontdek! Of gebruik dit as 'n geleentheid om te werk met die oordele wat ontstaan. Of aanskou met nuuskierigheid hoe ander die musiek beleef. Of neem 'n ruskaans om 'n bietjie water te kry. Weet net dat die musiek aanhou verander (net soos die Lewe), so iets anders kom binnekort. Elke lied is ‘n geleentheid en uitnodiging om in die onbekende in te tree met die ingesteldheid van ‘n waaghalsige ontdekkingsreisiger!

Wanneer? Waar? Hoeveel?

Een keer per maand, op ‘n Saterdagmiddag,

gewoonlik 4:00 pm

 @ Joy Yoga Centre,

No 51 Anso Str, Montana, Pta

R150 pp 

Kontak en bespreek asb altyd  jou plekkie

by Wynand  0825621892

bottom of page